Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 32:25-38 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. U, יהוה-God, het vir my gesê: “Koop vir jouself die stuk grond met geld en roep getuies in,” alhoewel die stad in die hand van die Kasdeërs gegee is!’”

26. Toe het die woord van יהוה tot Yirmeyahu gekom en gesê:

27. “Let op, Ek is יהוה, die God van alle vlees; is enige iets te moeilik vir My?”

28. יהוה sê daarom: “Let op, Ek is op die punt om hierdie stad oor te gee in die hand van die Kasdeërs en in die hand van N’vukhadnetzar, koning van Bavel en hy sal dit inneem.

29. Die Kasdeërs wat teen hierdie stad veg, sal inkom en hierdie stad aan die brand steek en dit verbrand, saam met dié huise waar daar op die dakke aan Ba’al wierook geoffer is en vir ander gode drankoffers uitgegiet is om My te tart tot woede.

30. Inderdaad het die seuns van Yisra’el en die seuns van Y’hudah van hulle jeug af boos gedoen in My oë, want die seuns van Yisra’el het My net deur die werk van hulle hande getart tot woede,” verklaar יהוה.

31. Inderdaad was hierdie stad vir My ’n rede vir My woede en My toorn vanaf die dag dat hulle dit gebou het tot vandag toe sodat dit van voor My gesig verwyder moet word,

32. as gevolg van al die boosheid van die seuns van Yisra’el en die seuns van Y’hudah wat hulle gedoen het om My te tart tot woede; hulle, hulle konings, hulle leiers, hulle priesters, hulle profete, die manne van Y’hudah en die inwoners van Yerushalayim.

33. Hulle het hulle rug na My toe gedraai en nie hul gesig nie; alhoewel Ek hulle geleer het, keer op keer, wou hulle nie luister en instruksie ontvang nie,

34. maar hulle het hul verwerplike dinge neergesit in die huis wat volgens My Naam (Karakter en Outoriteit) genoem word, om dit te verontreinig.2 Kon 21:3,6; 2 Kon 28:3,4

35. Hulle het die hoë plekke van Ba’al gebou in die vallei van Ben-Hinnom om hulle seuns en hulle dogters vir Molekh deur die vuur te laat gaan, wat Ek hulle nie beveel het nie en wat in My gedagtes nie opgekom het nie, dat hulle hierdie gruwel sou doen om Y’hudah te laat sondig;

36. daarom, so sê יהוה-God van Yisra’el, aangaande hierdie stad waarvan julle sê: ‘Dit is in die hand van die koning van Bavel oorgegee deur die swaard, die hongersnood en die pes,’

37. let op, Ek sal hulle bymekaarmaak uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het in My woede, in My toorn en in groot verontwaardiging en Ek sal hulle na hierdie plek terugbring en hulle in veiligheid laat bly.

38. Hulle sal My volk wees en Ek sal hulle God wees

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 32