Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 26:9-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Waarom het jy in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה geprofeteer en gesê: ‘Hierdie huis sal soos Shiloh word en hierdie stad sal verlate wees, sonder inwoner’?” Die hele volk het rondom Yirmeyahu vergader in die huis van יהוה.

10. Toe die amptenare van Y’hudah hierdie dinge hoor, het hulle vanuit die huis van die koning opgegaan na die huis van יהוה en hulle het gaan sit by die ingang van die Nuwe Poort van die huis van יהוה.

11. Toe het die priesters en die profete met die amptenare en met die hele volk gepraat en gesê: “’n Doodsvonnis vir hierdie man, want hy het geprofeteer teen hierdie stad, soos julle met jul ore gehoor het.”

12. Toe het Yirmeyahu met al die amptenare en met die hele volk gepraat en gesê: “יהוה het my gestuur om al die woorde wat julle gehoor het teen hierdie huis en teen hierdie stad te profeteer.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 26