Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 26:3-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Miskien sal hulle luister en elkeen sal omdraai van sy verkeerde pad af sodat Ek jammer word oor die katastrofe wat Ek van plan is om aan hulle te doen weens die boosheid van hulle dade.’

4. Jy moet vir hulle sê: ‘So sê יהוה: “As julle nie na My luister nie: om in My wet te leef wat Ek voor julle gestel het;

5. om te luister na die woorde van My diensknegte, die profete, wat Ek na julle toe gestuur het om julle vroegtydig te waarsku, nie, (maar julle het nie geluister nie)

6. dan sal Ek hierdie huis maak soos Shiloh en hierdie stad sal Ek ’n vervloeking maak vir al die nasies van die aarde.”’”

7. Die priesters, die profete en die hele volk het Yirmeyahu hierdie woorde hoor praat in die huis van יהוה.

8. Toe Yirmeyahu klaar gepraat het, alles wat יהוה beveel het om vir die hele volk te sê, het die priesters en die profete en die hele volk hom gegryp en gesê: “Jy moet sterf!

9. Waarom het jy in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה geprofeteer en gesê: ‘Hierdie huis sal soos Shiloh word en hierdie stad sal verlate wees, sonder inwoner’?” Die hele volk het rondom Yirmeyahu vergader in die huis van יהוה.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 26