Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 26:14-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. maar ek, let op, ek is in julle hand; maak met my soos dit goed en reg is in julle oë.

15. Weet net verseker dat as julle my doodmaak, julle onskuldige bloed op julleself sal bring en op hierdie stad en op sy inwoners, want יהוה het my waarlik na julle toe gestuur om al hierdie woorde voor julle ore te praat.”

16. Toe sê die amptenare en die hele volk vir die priesters en die profete: “Geen doodsvonnis vir hierdie man nie, want hy het met ons gepraat in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה, ons God.”

17. Toe het sommige oudstes van die land opgestaan en met die hele vergadering van die volk gepraat en gesê:Mik 3:12

18. “Mikhayah, van Moreshet, het profeteer in die dae van Hizkiyahu, koning van Y’hudah en met die hele volk van Y’hudah gepraat en gesê: ‘So het יהוה-Tzva’ot gesê: “Tziyon sal soos ’n land omgeploeg word en Yerushalayim sal puinhope word en die berg van die huis soos hoë plekke van ’n woud.’”

19. Het Hizkiyahu, koning van Y’hudah en die hele Y’hudah hom doodgemaak? Het hy יהוה nie gevrees en יהוה se guns gevra nie en het יהוה nie Sy gedagtes verander oor die onheil wat Hy teen hulle aangekondig het nie, maar ons is besig om ’n groot boosheid teen onsself te pleeg!”

20. Daar was inderdaad ook ’n man wat in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה geprofeteer het, Uriyahu, die seun van Sh’ma’yahu, van Kiryat-Ye’arim en hy het teen hierdie stad en teen hierdie land woorde geprofeteer soortgelyk aan Yirmeyahu.

21. Toe koning Y’hoyakim, al sy magtige manne en al die amptenare sy woorde hoor, het die koning probeer om hom dood te maak, maar Uriyahu het dit gehoor en hy was bang en het gevlug en na Mitzrayim gegaan.

22. Toe stuur koning Y’hoyakim manne na Mitzrayim, Elnatan, die seun van `Akhbor en manne het saam met hom na Mitzrayim gegaan.

23. Hulle het Uriyahu uit Mitzrayim uitgebring en hom na koning Y’hoyakim gebring wat hom met die swaard doodgeslaan en sy lyk op die grafte van die gewone mense gegooi het,

24. maar die hand van Agikam, die seun van Shafan, was met Yirmeyahu sodat hy nie in die hand van die volk oorgegee is om hom dood te maak nie.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 26