Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 23:12-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. “Hulle pad sal daarom vir hulle soos glibberige plekke wees in die duisternis; hulle sal weggedryf word en daarin neerval, want Ek sal katastrofes oor hulle bring, die jaar van hulle straf,” verklaar יהוה.

13. “Meer nog, Ek het onder die profete van Shomron ’n afstootlike ding gesien: hulle profeteer deur Ba’al en lei My volk Yisra’el op ’n dwaalspoor.

14. Ek het ook onder die profete van Yerushalayim ’n verskriklike ding gesien: die pleeg van owerspel en loop in valsheid en hulle versterk die hande van boosdoeners sodat niemand terugdraai van sy boosheid af nie. Hulle het almal vir My geword soos S’dom en haar inwoners soos `Amora;”Yir 9:14

15. daarom, so sê יהוה-Tzva’ot aangaande die profete: “Let op, Ek gaan vir hulle wildeals voer en hulle giftige water laat drink, want van die profete van Yerushalayim af het besoedeling uitgegaan in die hele land in.”

16. So sê יהוה-Tzva’ot: “Moenie luister na die woorde van die profete wat vir julle profeteer nie. Hulle lei julle in nutteloosheid in; hulle praat visioene vanuit hulle eie verbeelding, nie uit die mond van יהוה nie.

17. Hulle sê gedurig aan dié wat My verag: ‘יהוה het gesê: “Julle sal vrede hê.’” Vir elkeen wat in die hardkoppigheid van sy eie verstand, wil en emosie loop, sê hulle: ‘Katastrofes sal nie oor julle kom nie.’”

18. Wie het in die raad van יהוה gestaan sodat hy Sy woord sou sien en hoor? Wie het aandag gegee aan Sy woord en geluister?

19. Let op, die storm van יהוה het in toorn uitgegaan, ’n draaikolk! Dit sal afswaai op die kop van die bose oortreders.

20. Die woede van יהוה sal nie terugdraai totdat Hy Sy doel en die planne van Sy wil uitgevoer het nie; in die laaste dae sal julle dit duidelik verstaan.

21. “Ek het die profete nie gestuur nie, maar hulle hardloop; Ek het nie met hulle gepraat nie, maar hulle het profeteer,

22. maar as hulle in My raad gestaan het, sou hulle My woorde aan My volk aangekondig het en hulle teruggedraai het van hul bose pad en van die boosheid van hulle dade.

23. Ek is ’n God wat naby is,” verklaar יהוה, “en nie ’n God wat ver is nie.

24. Kan ’n man homself in wegsteekplekke wegsteek dat Ek hom nie sien nie?” verklaar יהוה. “Maak Ek nie die hemel en die aarde vol nie?” verklaar יהוה.

25. “Ek het gehoor wat die profete gesê het wat valslik in My Naam (Karakter en Outoriteit) profeteer en sê: ‘Ek het ’n droom gehad, ek het ’n droom gehad!’

26. Hoe lank al is daar iets in die verstand, wil en emosie van die profete wat valsheid profeteer, profete van die misleiding van hulle eie verstand, wil en emosie,

27. wat beplan om My volk My Naam (Karakter en Outoriteit) te laat vergeet deur hulle drome wat hulle vir mekaar vertel, net soos hulle vaders My Naam (Karakter en Outoriteit) vergeet het as gevolg van Ba’al?

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 23