Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 19:12-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Dit is hoe ek hierdie plek en sy inwoners sal behandel,” verklaar יהוה, “om hierdie stad soos Tofet te maak.Hand 7:42 en drankoffers uitgegiet het vir ander gode.”’”2 Kon 23:12

13. Die huise van Yerushalayim en die huise van die konings van Y’hudah sal onteer word soos die plek Tofet, as gevolg van al die huise op wie se dakke hulle offers gebrand het aan al die hemelse leërmagte

14. Toe het Yirmeyahu uit Tofet gekom, waarheen יהוה hom gestuur het om te profeteer en hy het gaan staan in die buitehof van die huis van יהוה en vir die mense gesê:

15. “So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: ‘Let op, Ek is op die punt om die hele katastrofe wat Ek teen hom verklaar het oor hierdie stad en al sy stede te bring omdat hulle hul nek styf gemaak het om sodoende nie My woorde te gehoorsaam nie.’”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 19