Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 16:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woord van יהוה het ook tot my gekom en gesê:

2. “Jy mag vir jou geen vrou vat en jy mag ook geen seuns of dogters in hierdie plek hê nie,”

3. want so sê יהוה van die seuns en die dogters wat in hierdie plek gebore word en van hulle moeders wat geboorte aan hulle gee en van hulle vaders wat hulle verwek in hierdie land:

4. “Hulle sal aan dodelike siektes sterf, hulle sal nie beklaag of begrawe word nie; hulle sal wees soos mis op die oppervlakte van die grond en tot ’n einde kom deur swaard en hongersnood en hulle lyke sal kos word vir die voëls van die hemel en vir die wilde diere van die aarde,”

5. want so sê יהוה: “Moenie ’n huis van rou ingaan of gaan om te rouklaag of hulle te troos nie, want Ek het My vrede, liefdevolle goedheid en omgee van hierdie volk af onttrek,” verklaar יהוה.

6. Beide groot sowel as klein sal sterf in hierdie land; hulle sal nie begrawe word nie en niemand sal hulle beklaag en homself stukkend kerwe of sy kop kaal skeer om hulle ontwil nie.

7. Mense sal nie brood breek in rou vir hulle om iemand te troos oor ’n dooie, of aan hulle ’n beker van troos gee om te drink oor iemand se vader of moeder nie.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 16