Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 15:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het יהוה vir my gesê: “Selfs al sou Moshe en Sh’mu’el voor My staan, sal Ekself nie by hierdie volk wees nie; stuur hulle weg van My Teenwoordigheid af en laat hulle weggaan!Yir 43:11; Open 13:10

2. Dit sal wees dat as hulle vir jou vra: “Waar moet ons heengaan?” dan moet jy vir hulle sê: ‘So sê יהוה: “Wie vir die dood bestem is, na die dood en wie vir die swaard, na die swaard en wie vir die hongersnood, na die hongersnood en wie vir die gevangeskap, na die gevangeskap.’”

3. Ek sal vier soorte oor hulle aanstel,” verklaar יהוה: “die swaard om dood te maak, die honde om weg te sleep, die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde om op te eet en te vernietig.Deut 28:25; 2 Kon 21; 2 Kro 33

4. Ek sal van hulle ’n voorwerp van verskrikking maak vir al die koninkryke van die aarde as gevolg van M’nasheh, die seun van Hizkiyahu, die koning van Y’hudah, vir wat hy in Yerushalayim gedoen het.

5. Inderdaad, wie sal vir jou jammer kry, o Yerushalayim? Of wie sal oor jou treur? Of wie sal uitdraai om na jou welstand te vra?2 Tim3:9 Ek is moeg om toe te gee!

6. Jy wat My verwerp het,” verklaar יהוה, “jy hou aan agteruitgaan; daarom sal Ek My hand teen jou uitstrek en jou vernietig;

7. Ek sal hulle uitwan met ’n hooivurk in die stede van die land. Ek het hulle van kinders ontneem. Ek het My volk vernietig, tog het hulle nie berou gehad en omgedraai van hulle lewenswyses nie.

8. Hulle weduwees sal meer voor My wees as die sand van die see; Ek sal teen hulle bring, teen die moeder van ’n jongman, ’n verwoester op die middag; Ek sal angs en ontsteltenis skielik oor haar laat kom.

9. Sy wat geboorte gegee het aan sewe, kwyn weg; haar asemhaling is met moeite; haar son het ondergegaan terwyl dit nog dag was; sy is beskaamd en verneder. Ek sal hulle oorlewendes aan die swaard oorgee voor hulle vyande,” verklaar יהוה.

10. Wee my, my moeder, dat u aan my geboorte gegee het, as ’n man van twis en ’n man van stryd vir die hele land! Ek het nie uitgeleen nie en hulle het nie aan my geleen nie; tog vervloek almal my.

11. יהוה het gesê: “Sekerlik sal Ek jou bevry vir die goeie; sekerlik sal Ek maak dat die vyand jou sal smeek in ’n tyd van rampe en ’n tyd van benoudheid.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 15