Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 14:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit wat na Yirmeyahu gekom het as die boodskap van יהוה aangaande die groot droogte.

2. “Y’hudah treur en haar poorte verval; hulle sit op die grond in rou en die uitroep van Yerushalayim gaan op.

3. Hulle vernames het hulle bediendes gestuur vir water; hulle het by die bakke gekom en geen water gekry nie. Hulle het teruggekom met hulle houers leeg; hulle is beskaamd en verneder en hulle bedek hulle koppe.

4. Omdat die grond gebars is, want daar was geen reën op die land nie, kom die landbouers tot skande, hulle bedek hulle koppe,

5. want selfs die wildsbokooi in die veld het geboorte gegee, net om haar lam te verwerp omdat daar geen gras is nie.

6. Die wilde-donkies staan op die kaal heuwels, hulle snuif die lug op soos jakkalse; hulle oë faal omdat daar geen gras is nie.

7. Alhoewel ons oortredinge teen ons getuig, o יהוה, tree op ter wille van U Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil! Waarlik, ons afdwalings was baie, ons het teen U gesondig.

8. O, Verwagting van Yisra’el, sy Verlosser in tyd van benoudheid! Waarom is U soos ’n vreemdeling in die land of soos ’n reisiger wat sy tent vir die nag opgeslaan het?

9. Waarom is U soos ’n man wat verslae is, soos ’n magtige man wat nie kan red nie? Tog is U in ons midde, o יהוה en ons word volgens U Naam (Karakter en Outoriteit) genoem. Moet ons nie verlaat nie!”

10. So sê יהוה vir hierdie volk: “Selfs al het hulle daarvan gehou om te swerwe, het hulle nie hul voete in toom gehou nie; daarom aanvaar יהוה hulle nie. Nou sal Hy hulle onregverdigheid onthou en hulle sondes oproep tot verantwoording.”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 14