Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 11:11-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. יהוה sê daarom: “Let op, Ek bring ’n ramp oor hulle waarvan hulle nie kan ontsnap nie; alhoewel hulle na My sal roep, sal Ek nie na hulle luister nie.

12. Dan sal die stede van Y’hudah en die inwoners van Yerushalayim gaan en roep na die gode vir wie hulle wierook gebrand het, maar dié sal hulle sekerlik nie red in die tyd van hulle ramp nie,

13. want jou gode is soveel as jou stede, o Y’hudah en soveel as die strate van Yerushalayim is die altare wat julle opgerig het vir die skandelike ding, altare om wierook te brand tot Ba’al.

14. Moet daarom nie vir hierdie volk bid nie en moet ook nie ’n uitroep of gebed vir hulle oplig nie, want Ek sal nie hoor as hulle My vanweë hulle ramp aanroep nie.

15. Watter reg het My geliefde in My huis wanneer sy baie vuil dade gedoen het? Kan die offervleis jou ramp van jou af wegvat sodat jy kan bly wees?”

16. יהוה het jou naam (karakter en outoriteit) genoem: “Groen olyfboom, pragtig in vrug en vorm;” met die geluid van ’n groot gedruis het Hy ’n vuur onder dit aangesteek en sy takke is waardeloos.

17. יהוה-Tzva’ot, wat jou geplant het, het boosheid teen jou verklaar weens die boosheid van die huis van Yisra’el en van die huis van Y’hudah, wat hulle teen hulleself gedoen het om Hom te tart deur offers aan Ba’al te offer.

18. Meer nog, יהוה het dit aan my bekend gemaak en ek het dit geweet; toe het U my hulle dade gewys,

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 11