Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 4:11-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. en toe die hele volk klaar deurgetrek het, het die ark van יהוה en die priesters voor die oë van die volk deurgegaan.

12. Die seuns van Re’uven, die seuns van Gad en die halwe stam van M’nasheh het in volle wapenrusting voor die seuns van Yisra’el deurgetrek, net soos Moshe aan hulle gesê het.

13. Omtrent veertig duisend wat vir oorlog gewapen was, het voor die aangesig van יהוה na die vlaktes van Yerigo toe deurgetrek om te veg.

14. Op dié dag het יהוה Y’hoshua groot gemaak voor die oë van die hele Yisra’el sodat hulle hom respekvol gevrees het soos hulle Moshe respekvol gevrees het al die dae van sy lewe.

15. Nou het יהוה vir Y’hoshua gesê:

16. “Beveel die priesters wat die ark van die Getuienis dra dat hulle uit die Yarden uit opklim.”

17. Y’hoshua het daarop die priesters beveel en gesê: “Klim op uit die Yarden.”

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 4