Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 4:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe die hele volk klaar deur die Yarden getrek het, het יהוה met Y’hoshua gepraat en gesê:

2. “Vat vir julle twaalf manne vanuit die volk, een man uit elke stam,

3. en beveel hulle en sê: ‘Vat vir julle van hier, uit die middel van die Yarden, vanaf die plek waar die voete van die priesters stewig bly staan het, twaalf klippe en dra hulle saam met julle deur en sit dit neer in die blyplek waar julle vannag gaan oorbly.’”

4. Y’hoshua het die twaalf manne geroep wat hy uit die seuns van Yisra’el, een man uit elke stam, aangestel het

5. en Y’hoshua het vir hulle gesê: “Gaan weer oor na die ark van יהוה, julle God, binne-in die Yarden en tel elkeen ’n klip op op sy skouer, volgens die getal van die stamme van die seuns van Yisra’el.

6. Laat dit ’n teken onder julle wees sodat wanneer julle kinders later vra en sê: ‘Wat beteken hierdie klippe vir julle?’

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 4