Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 24:15-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. As dit onaanvaarbaar is in julle oë om יהוה te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders oorkant die Eufraatrivier gedien het, òf die gode van die Emoriete in wie se land julle woon, maar ek en my huis, ons sal יהוה dien.”

16. Die volk antwoord en sê: “Dit is ver van ons dat ons יהוה sou verlaat om ander gode te dien,

17. want יהוה, ons God, is Hy wat ons en ons vaders uit die land van Mitzrayim uit die huis van slawerny gebring het en wat voor ons oë hierdie groot tekens gedoen het en ons bewaar het op die hele pad wat ons gegaan en tussen al die volke waardeur ons getrek het.

18. יהוה het al die volke voor ons uit verdryf, selfs die Emoriete wat in die land gebly het. Ook ons sal יהוה dien, want Hy is ons God.”

19. Toe sê Y’hoshua vir die volk: “Julle sal nie in staat wees om יהוה te dien nie, want Hy is ’n afgesonderde God. Hy is ’n jaloerse God; Hy sal julle oortredinge en julle sondes nie vergewe nie.

20. As julle יהוה verlaat en vreemde gode dien, sal Hy omdraai en julle kwaad aandoen en julle verteer nadat Hy aan julle goed gedoen het.”

21. Die volk het vir Y’hoshua gesê: “Nee, maar ons sal יהוה dien.”

22. Y’hoshua het vir die volk gesê: “Julle is getuies teen julleself dat julle vir julleself יהוה gekies het om Hom te dien.” Hulle sê: “Ons is getuies.”

23. “Nou daarom, verwyder die vreemde gode wat tussen julle is en reik uit met julle verstand, wil en emosie tot יהוה, die God van Yisra’el.”

24. Die volk het vir Y’hoshua gesê: “Ons sal יהוה, ons God, dien en ons sal Sy stem gehoorsaam.”Gen 33:19; Y’ho 21:21; Yog 4:5

25. Y’hoshua het op dié dag met die volk ’n verbond gesluit en vir hulle die vasgestelde wet en oordele in Sh’khem geleer.

26. Y’hoshua het hierdie woorde in die boek van die wet van God geskryf en ’n groot klip gevat en dit daar opgerig onder die eikeboom wat by die Afgesonderde Plek van יהוה was.

27. Y’hoshua het vir die hele volk gesê: “Let op, hierdie klip sal as ’n getuie teen ons wees, want dit het al die woorde van יהוה gehoor wat Hy met ons gepraat het; so sal dit as ’n getuie teen julle wees sodat julle jul God nie ontken nie.”

28. Toe het Y’hoshua die volk laat gaan, elkeen na sy erfenis toe.

29. Dit het gebeur na hierdie dinge dat Y’hoshua, die seun van Nun, die dienskneg van יהוה, gesterf het, een honderd en tien jaar oud.

30. Hulle het hom op die grondgebied van sy erfenis begrawe in Timnat-Serag, wat op die Bergland van Efrayim lê, noord van die berg Ga’ash.

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 24