Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 18:17-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Dit het noordwaarts aangegaan tot by `Ein-Shemesh en na G’lilot gegaan, wat oorkant Ma’aleh-Adumim lê en afgegaan na die klip van Bohan, die seun van Re’uven.

18. Dit het noordwaarts aangegaan na die kant voor die `Aravah en afgeloop na die `Aravah.

19. Die grens het noordwaarts aangeloop na die kant van Beit-Hoglah en die grens het geëindig by die noordelike baai van die Soutsee, aan die suidelike punt van die Yarden. Hierdie was die suidelike grens.

20. Verder was die Yarden sy grens aan die oostekant. Hierdie is die erfenis van die seuns van Binyamin, volgens hulle families en volgens sy grense rondom.

21. Die stede van die stam van die seuns van Binyamin, volgens hulle families, was: Yerigo, Bet-Hoglah, `Emek-Ke’tzitz,

22. Beit-`Aravah, Tz’marayim, Beit-El,

23. `Awim, Parah, `Ofrah,

24. K’far-Ha`Ammonah, `Ofni, Geva: twaalf stede met hulle dorpe.

25. Giv’on, Ramah, Be’erot,

26. Mitzpeh, K’firah, Motzah,

27. Rekem, Yirpe’el, Tar’alah,

28. Tzela, Elef, Y’vusi, (dit is Yerushalayim), Giv’at en Kiryat: veertien stede met hulle dorpe. Hierdie is die erfenis van die seuns van Binyamin volgens hulle families.

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 18