Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 18:10-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Y’hoshua het vir hulle die lot gewerp in Shiloh, voor יהוה en Y’hoshua het die land daar onder die seuns van Yisra’el verdeel, volgens hulle afdelings.

11. Die lot vir die stam van die seuns van Binyamin, volgens hulle families, het opgekom en die gebied van hulle lot het gelê tussen die seuns van Y’hudah en die seuns van Yosef.

12. Hulle grens aan die noordekant was vanaf die Yarden, dan loop die grens op na die noordelike kant van Yerigo en loop op deur die Bergland weswaarts en eindig by die wildernis van Beit-Aven.

13. Van daar af loop die grens aan na Luz, na die suide van Luz, (dit is, Beit-El) en dan het die grens af geloop na `Atrot-Addar, naby die heuwel wat suid lê van laer Beit-Horon.

14. Die grens gaan verder van daar af met die see langs suidwaarts, vanaf die heuwel wat voor Beit-Horon lê aan die suidekant. Dit eindig by Kiryat-Ba’al, (dit is, KiryatYe’arim), ’n stad van die seuns van Y’hudah. Hierdie was die westekant.

15. Die suidekant was vanaf die rand van Kiryat-Ye’arim en die grens het weswaarts geloop na die fontein van die waters van Neftoag.

16. Die grens het afgeloop na die rand van die heuwel wat in die Vallei van Ben-Hinnom is, wat noordwaarts in die Vallei van Refa’im lê en dit het af geloop na die Vallei van Hinnom, na die suidelike hang van die Y’vuzi en afgegaan na `Ein-Rogel.

17. Dit het noordwaarts aangegaan tot by `Ein-Shemesh en na G’lilot gegaan, wat oorkant Ma’aleh-Adumim lê en afgegaan na die klip van Bohan, die seun van Re’uven.

18. Dit het noordwaarts aangegaan na die kant voor die `Aravah en afgeloop na die `Aravah.

19. Die grens het noordwaarts aangeloop na die kant van Beit-Hoglah en die grens het geëindig by die noordelike baai van die Soutsee, aan die suidelike punt van die Yarden. Hierdie was die suidelike grens.

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 18