Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 14:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie is wat die seuns van Yisra’el as erfenis in die land Kena’an ontvang het, wat El’azar, die priester, Y’hoshua, die seun van Nun, asook die familiehoofde van die stamme van die seuns van Yisra’el tussen hulle opgedeel het as erfenis.

2. Deur die lot is hulle erfenis verdeel, soos יהוה deur Moshe beveel het, vir die nege en ’n halwe stam,

3. want Moshe het die erfenis van die twee en ’n halwe stam oorkant die Yarden gegee, maar aan die Leviete het hy geen erfenis tussen hulle gegee nie,

4. want die seuns van Yosef was twee stamme: M’nasheh en Efrayim en aan die Leviete het hulle geen deel in die land gegee nie, behalwe stede om in te bly, met hulle weiveld vir hulle vee en vir hulle besittings.

5. So het die seuns van Yisra’el gedoen, net soos יהוה Moshe beveel het en hulle het die land verdeel.

6. Toe het die seuns van Y’hudah nader gekom na Y’hoshua in Gilgal en Kalev, die seun van Y’funneh, die K’niziet, het vir hom gesê: “Jy ken die woord wat יהוה met Moshe, die man van God, in Kadesh-Barnea gepraat het met betrekking tot jou en my.

7. Ek was veertig jaar oud toe Moshe, die dienskneg van יהוה, my van Kadesh-Barnea af gestuur het om die land te verken en ek het vir hom woord gebring soos dit in my hart was.

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 14