Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 10:7-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Y’hoshua het opgetrek vanaf Gilgal, hy en al die manskappe en al die dapper soldate saam met hom.

8. יהוה het vir Y’hoshua gesê: “Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek het hulle in jou hand gegee; nie een van hulle sal voor jou standhou nie.”

9. Y’hoshua het, deur die hele nag deur van Gilgal af te marsjeer, skielik op hulle afgekom

10. en יהוה het hulle in verwarring gebring voor Yisra’el en hy het hulle geslaan met ’n groot slagting by Giv’on en hulle agtervolg op die opgaande pad van Beit-Horon en hulle verslaan so ver as `Azekah en Makkedah.

11. Terwyl hulle voor Yisra’el uit vlug op die afdraande van Beit-Horon, het יהוה groot haelstene vanaf die hemel op hulle gegooi so ver as tot by `Azekah en hulle het gesterf. Daar het meer gesterf deur die haelstene as wat die seuns van Yisra’el met die swaard doodgemaak het.

12. Toe het Y’hoshua met יהוה gepraat, op die dag dat יהוה die Emoriete voor die seuns van Yisra’el oorgegee het en voor die oë van Yisra’el gesê: “O son, staan stil in Giv’on en maan, in die Vallei van Ayalon!”

13. Die son het stil gestaan en die maan het gestop totdat die volk hulle gewreek het op hul vyande. Staan dit nie geskrywe in die Boek van Yashar nie? Die son het in die middel van die lug gestop en het hom nie gehaas om onder te gaan nie, vir omtrent ’n volle dag.

14. Daar was geen dag soos hierdie een, voor hom of ná hom, toe יהוה na die stem van ’n man geluister het nie, want יהוה het vir Yisra’el geveg.

15. Toe het Y’hoshua en die hele Yisra’el saam met hom, na die kamp by Gilgal teruggegaan.

16. Nou, daardie vyf konings het gevlug en hulleself weggesteek in die grot by Makkedah.

17. Dit is aan Y’hoshua vertel en gesê: “Die vyf konings is gevind: hulle kruip weg in die grot by Makkedah.”

18. Y’hoshua het gesê: “Rol groot klippe teen die ingang van die grot en stel manne daarby aan om hulle te bewaak,

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 10