Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 10:34-43 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

34. Y’hoshua en die hele Yisra’el, saam met hom, het aangegaan vanaf Lakhish na `Eglon en hulle het by `Eglon gekamp en teen `Eglon geveg.

35. Hulle het dit op daardie dag ingeneem en dit verslaan met die skerpte van die swaard en al die mense wat daarin was op daardie dag volkome vernietig, net soos hy met Lakhish gedoen het.

36. Toe trek Y’hoshua en die hele Yisra’el, saam met hom, op vanaf `Eglon na Hevron en hulle het teen Hevron geveg.

37. Hulle het dit ingeneem en dit met sy koning, al sy stede en al die mense wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan. Hy het niemand laat oorbly nie, volgens alles wat hy met `Eglon gedoen het. Hy het dit en al die mense wat daarin was heeltemal vernietig.

38. Toe draai Y’hoshua en die hele Yisra’el saam met hom terug na D’vir en hulle het teen hulle geveg.

39. Hy het dit ingeneem en sy koning en al sy stede met die skerpte van die swaard verslaan en almal wat daarin was volkome vernietig. Hy het geen oorlewendes gelos nie, net soos hy met Hevron gedoen het, so het hy met D’vir en sy koning gedoen, soos hy ook met Livna en sy koning gedoen het.

40. So het Y’hoshua dan die hele land verslaan, die Bergland, die Suidland, die Laagland en die Hange met al hulle konings. Hy het geen oorblywende laat bly nie, maar alles wat asemhaal volkome vernietig, net soos יהוה, die God van Yisra’el, beveel het.

41. Y’hoshua het hulle verslaan van Kadesh-Barnea af tot by `Azah en die hele land Goshen tot by Giv’on.

42. Y’hoshua het al hierdie konings en hulle lande op dieselfde tyd ingeneem omdat יהוה, die God van Yisra’el, vir Yisra’el geveg het.

43. Y’hoshua en die hele Yisra’el saam met hom, het teruggegaan na die kamp by Gilgal.

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 10