Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 10:34-39 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

34. Y’hoshua en die hele Yisra’el, saam met hom, het aangegaan vanaf Lakhish na `Eglon en hulle het by `Eglon gekamp en teen `Eglon geveg.

35. Hulle het dit op daardie dag ingeneem en dit verslaan met die skerpte van die swaard en al die mense wat daarin was op daardie dag volkome vernietig, net soos hy met Lakhish gedoen het.

36. Toe trek Y’hoshua en die hele Yisra’el, saam met hom, op vanaf `Eglon na Hevron en hulle het teen Hevron geveg.

37. Hulle het dit ingeneem en dit met sy koning, al sy stede en al die mense wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan. Hy het niemand laat oorbly nie, volgens alles wat hy met `Eglon gedoen het. Hy het dit en al die mense wat daarin was heeltemal vernietig.

38. Toe draai Y’hoshua en die hele Yisra’el saam met hom terug na D’vir en hulle het teen hulle geveg.

39. Hy het dit ingeneem en sy koning en al sy stede met die skerpte van die swaard verslaan en almal wat daarin was volkome vernietig. Hy het geen oorlewendes gelos nie, net soos hy met Hevron gedoen het, so het hy met D’vir en sy koning gedoen, soos hy ook met Livna en sy koning gedoen het.

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 10