Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 10:27-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. Dit het gebeur teen sononder dat Y’hoshua bevel gegee het om hulle van die bome af te haal

28. Daardie dag het Y’hoshua Makkedah oorgeneem en dit en sy koning met die skerpte van die swaard verslaan; hy het dit en almal wat daarin was volkome vernietig. Hy het niemand laat oorbly nie. So het hy met die koning van Makkedah gedoen net soos hy met die koning van Yerigo gedoen het.

29. Toe trek Y’hoshua en die hele Yisra’el saam met hom van Makkedah af na Livnah en het teen Livnah geveg.

30. יהוה het dit ook saam met sy koning in die hand van Yisra’el gegee en hy het dit en almal wat daarin was met die skerpte van die swaard verslaan. Hy het geen oorlewendes daarin laat bly nie. So het hy met sy koning gedoen net soos hy met die koning van Yerigo gedoen het.

31. Y’hoshua en die hele Yisra’el, saam met hom, het aangegaan vanaf Livnah na Lakhish en het by dit gekamp en daarteen geveg.

32. יהוה het Lakhish in die hand van Yisra’el gegee en hy het dit op die tweede dag ingeneem en dit en almal wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan net soos hy met Livnah gedoen het.

33. Toe trek Horam, die koning van Gezer, op om Lakhish te help en Y’hoshua het hom en sy volk verslaan totdat hy geen oorlewendes agter gelaat het nie.

34. Y’hoshua en die hele Yisra’el, saam met hom, het aangegaan vanaf Lakhish na `Eglon en hulle het by `Eglon gekamp en teen `Eglon geveg.

35. Hulle het dit op daardie dag ingeneem en dit verslaan met die skerpte van die swaard en al die mense wat daarin was op daardie dag volkome vernietig, net soos hy met Lakhish gedoen het.

36. Toe trek Y’hoshua en die hele Yisra’el, saam met hom, op vanaf `Eglon na Hevron en hulle het teen Hevron geveg.

37. Hulle het dit ingeneem en dit met sy koning, al sy stede en al die mense wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan. Hy het niemand laat oorbly nie, volgens alles wat hy met `Eglon gedoen het. Hy het dit en al die mense wat daarin was heeltemal vernietig.

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 10