Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 51:4-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. “Gee aandag aan My, My volk en gee die oor vir My, My nasie, want ’n wet sal van My af uitgaan en Ek sal My regverdige oordeel stel as ’n lig vir die volke.

5. My onpartydige opregtheid is naby, My verlossing het uitgegaan en My arms sal die volke oordeel; die kuslande sal op My wag en op My arm sal hulle vertrou.

6. Lig julle oë op na die hemel en kyk dan na die aarde daaronder, want die hemel sal verdwyn soos rook en die aarde verslyt soos ’n kledingstuk en sy inwoners sal net so sterf, maar My verlossing sal vir ewig wees en My onpartydige opregtheid sal nie afneem nie.

7. Luister na My, julle wat onpartydige opregtheid ken, ’n volk in wie se verstand, wil en emosie My wet is! Moenie bang wees vir die beskuldigings van mense en skrik vir hulle skeltaal nie,

8. want die mot sal hulle opeet soos ’n kleed en die wurm sal hulle eet soos wol, maar My onpartydige opregtheid sal vir ewig wees en My verlossing vir alle geslagte.”Yes 27:1; Ps 74:14

9. Ontwaak, ontwaak, beklee jou met sterkte, arm van יהוה! Ontwaak soos in die ou dae, in die geslagte van lank gelede. Is dit nie U wat ‘n ernstige straf aangekondig en die seemonster deurboor het nie?Yes 43:16 vir die vrygekooptes om oor te gaan nie?

10. Is dit nie U wat die see, die waters van die dieptes drooggemaak het nie, wat van die dieptes van die see ’n pad gemaak het

11. So sal die vrygekooptes van יהוה teruggaan en met vreugdevolle krete na Tziyon kom en ewige vreugde sal op hulle kop wees. Hulle sal vreugde en blydskap verkry en droefheid en gesug sal wegvlug.

12. Ek, ja Ek is Hy wat julle troos! Wie is jy dat jy bang is vir die mens wat sterf en vir die seun van ’n mens wat soos gras gemaak isLev 26:36

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 51