Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 51:10-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Is dit nie U wat die see, die waters van die dieptes drooggemaak het nie, wat van die dieptes van die see ’n pad gemaak het

11. So sal die vrygekooptes van יהוה teruggaan en met vreugdevolle krete na Tziyon kom en ewige vreugde sal op hulle kop wees. Hulle sal vreugde en blydskap verkry en droefheid en gesug sal wegvlug.

12. Ek, ja Ek is Hy wat julle troos! Wie is jy dat jy bang is vir die mens wat sterf en vir die seun van ’n mens wat soos gras gemaak isLev 26:36

13. sodat jy יהוה wat jou gemaak het vergeet, wat die hemel uitgesprei en die fondasies van die aarde gelê het; dat jy voortdurend, die hele dag vrees as gevolg van die woede van die onderdrukker, soos hy gereedmaak om te vernietig? Waar is die woede van die onderdrukker?

14. Die banneling sal gou losgelaat word en sal nie in die kerker sterf of sy brood ontbreek nie,Mat 8:26; Mar 4:39; Luk 8:24

15. want Ek is יהוה, jou God, wat die see bestraf en sy golwe is stil; יהוה-Tzva’ot is Sy Naam (Karakter en Outoriteit)!

16. Ek het My woorde in jou mond gelê en jou met die skaduwee van My hand bedek, om die hemel vas te stel, die aarde te vestig en aan Tziyon te sê: ‘Jy is My volk!’

17. Word wakker, word wakker, staan op, Yerushalayim, jy wat uit die hand van יהוה die beker van Sy woede gedrink het; jy het die kelk van wankeling uitgedrink tot op die afsaksel.

18. Daar is nie een tussen al die seuns waaraan sy geboorte gegee het om haar te lei nie; ook nie een tussen al die seuns wat sy grootgemaak het om haar aan die hand te vat nie.

19. Hierdie twee dinge het jou oorgekom; die verwoesting en vernietiging, hongersnood en swaard; wie sal oor jou treur? Hoe sal ek jou troos?

20. Jou kinders het flou geval, hulle lê by die ingang van elke straat, soos ’n bok in ’n net, vol van die toorn van יהוה, die bestraffing van jou God;

21. daarom, hoor asseblief hierdie, geteisterde, wat dronk is, maar nie van wyn nie!

22. So sê jou Meester, יהוה, jou God, wat vir Sy volk stry: “Let op, Ek het die beker van wankeling uit jou hand gevat, die kelk van My woede; jy sal dit nooit weer drink nie.

23. Ek sal dit in die hand van jou folteraars sit, wat vir jou gesê het: ‘Lê sodat ons oor jou kan loop.’ Jy het jou rug soos die grond gemaak en soos die straat vir die wat daaroor loop.”

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 51