Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 50:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. So sê יהוה: “Waar is die skeibrief waarmee Ek julle moeder weggestuur het? Of aan wie van My skuldeisers het Ek julle verkoop? Let op, julle is verkoop vir julle onregverdigheid en vir jul oortredinge van die wet is julle moeder weggestuur.

2. Waarom was daar niemand toe Ek gekom het nie? Toe Ek geroep het, het niemand geantwoord nie? Is My hand so kort dat Ek nie kan loskoop of het Ek nie die krag om te bevry nie? Let op, deur My bestraffing maak Ek die see droog; Ek maak van die riviere ’n wildernis; hulle visse stink omdat daar geen water is nie en sterf van die dors.

3. Ek trek die hemele aan met duisternis en bedek dit met ’n roukleed.

4. יהוה-God het vir my die tong van ’n geleerde gegee sodat ek kan weet hoe om die vermoeide te verkwik met ’n woord; Hy maak my in die oggend wakker, Hy maak my oor wakker om die leringe te hoor.

5. יהוה-God het my oor oopgemaak en ek was nie ongehoorsaam of het teruggedraai nie.Luk 6:29

6. Ek het my rug gegee vir die wat slaan en my wange vir die wat die baard uitpluk; ek het nie my gesig toegemaak vir vernedering en gespoeg nie,

7. want יהוה-God help my; daarom word ek nie onteer nie; daarom het ek my gesig soos ’n vuursteen gemaak en ek weet dat ek nie beskaamd sal staan nie.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 50