Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 5:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Nou sal ek vir my Beminde ’n lied van my Beminde aangaande Sy wingerd sing! My Beminde het ’n wingerd op ’n vrugbare heuwel.

2. Hy het dit rondom omgespit, die klippe uitgehaal en die keur van wingerdstokke daar geplant. Hy het ’n toring in die middel daarvan gebou en ook ’n parskuip daarin uitgekap. Toe het Hy verwag dat dit druiwe sou dra, maar dit het slegs wilde druiwe voortgebring.

3. Nou, inwoners van Yerushalayim en manne van Y’hudah, oordeel tussen My en My wingerd.

4. Wat was daar meer om te doen vir My wingerd wat Ek nie daarin gedoen het nie? Waarom, toe Ek verwag het dat dit druiwe sou dra, het dit wilde druiwe voortgebring?

5. Laat My julle nou vertel wat Ek met My wingerd gaan doen: Ek sal sy omheining verwyder en dit sal verteer word; Ek sal sy muur afbreek en dit sal vertrapte grond word.

6. Ek sal dit verlate maak; dit sal nie gesnoei of omgespit word nie, maar dorings en distels sal daarin opkom. Ek sal ook die wolke beveel om geen reën daarop te laat reën nie,

7. want die wingerd van יהוה-Tzva’ot is die huis van Yisra’el en die manne van Y’hudah Sy genotvolle plant. So het Hy uitgekyk vir regverdige oordeel, maar let op, bloedvergieting; vir onpartydige opregtheid, maar let op, ’n uitroep van nood!Mik 2:2

8. Wee hulle wat die grense tussen huise oortree, wat die landmerke tussen die landerye verwyder om die land te steel sodat julle alleen op die aarde kan leef.

9. In my ore het יהוה-Tzva’ot gepraat: “Sekerlik sal baie huise verlate word, grotes en mooies, sonder inwoner,

10. want tien morg wingerd sal een bat oplewer en ’n homer saad sal ’n efa graan lewer.”

11. Wee hulle wat vroeg in die oggend opstaan om sterk drank na te jaag, wat in die nag láát opbly sodat wyn hulle kan opwarm.

12. Hulle fees-etes is met lier en harp, tamboeryn, fluit en wyn, maar hulle gee nie aandag aan die dade van יהוה nie en die werk van Sy hande oorweeg hulle nie;

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 5