Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 48:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hoor dit, huis van Ya’akov, wat Yisra’el genoem word en wat uit die lendene van Y’hudah voortgekom het, wat sweer by die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה en die God van Yisra’el aanroep, maar nie in waarheid of in onpartydige opregtheid nie,

2. al beroep hulle hulself op die afgesonderde stad en leun op die God van Yisra’el; יהוה-Tzva’ot is Sy Naam (Karakter en Outoriteit).

3. Ek het die vorige dinge lankal verkondig en hulle het uit My mond uitgegaan en Ek het hulle verklaar; skielik het Ek opgetree en dit het gebeur.

4. Omdat Ek weet dat jy halsstarrig en jou nek ’n ystersening is en jou voorkop koper;

5. daarom het Ek hulle lank tevore aan jou verkondig; voordat dit gebeur het, het Ek dit aan jou verkondig sodat jy nie sou sê: ‘My afgod het dit gedoen en my gesnede beeld en my gegote beeld het dit beveel nie.’

6. Jy het gehoor; kyk na dit alles! Sal júlle dit nie verkondig nie? Van nou af aan verkondig Ek aan julle nuwe dinge, geheime dinge wat jy nie geweet het nie.

7. Hulle is nou geskep en nie lank terug nie en voor vandag het jy hulle nie gehoor nie sodat jy nie kan sê: ‘Let op, ek het dit geken,’ nie

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 48