Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 45:19-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Ek het nie in die geheim gepraat, in een of ander donker land nie; Ek het nie vir die nageslag van Ya’akov gesê: ‘Soek My in ’n verwoeste plek nie’; Ek, יהוה, praat onpartydige opregtheid en verklaar dinge wat reg is.

20. Maak julle bymekaar en kom, kom almal nader, julle wat uit die nasies gevlug het! Hulle wat hulle hout afgod ronddra en tot ’n god bid wat nie kan red nie, het geen kennis nie.Deut 6:4

21. Verklaar en stel julle saak; laat hulle inderdaad saam beraadslaag. Wie het dit lankal aangekondig? Is dit nie Ek, יהוה, nie? Daar is geen ander God buiten My nie, ’n regverdige God en Verlosser; daar is geen buiten My nie.

22. Draai na My toe en word gered, alle eindes van die aarde, want Ek is God en daar is geen ander nie.Rom 14:11; Fil 2:10 dat tot My sal elke knie buig en elke tong sal ’n eed sweer.

23. Ek het by Myself gesweer; dié woord gaan uit My mond in onpartydige opregtheid en sal nie terugdraai nie:Neg 8:10 Mense sal na Hom toe kom en almal wat vir Hom kwaad was, sal beskaamd gemaak word.

24. Hulle sal van My sê: ‘Alleen in יהוה is onpartydige opregtheid en sterkte.’

25. In יהוה sal al die nageslagte van Yisra’el onskuldig verklaar word en lof, eer en aanbidding gee.Mat 11:30

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 45