Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 45:13-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Ek het hom opgewek in onpartydige opregtheid en al sy paaie sal Ek gelykmaak; hy sal My stad bou en My ballinge laat vrygaan sonder enige betaling of beloning,” sê יהוה-Tzva’ot.Deut 6:4

14. So sê יהוה: “Die produkte van Mitzrayim en die handelsware van Kush en die S’vaïete, manne van gestalte, sal na jou toe oorkom en joune wees; hulle sal agter jou loop; hulle sal in kettings oorkom en voor jou buig; hulle sal jou versoek: ‘Waarlik, God is by jou en daar is geen ander, geen ander God nie!

15. Waarlik, U is ’n God wat Uself verberg, O God van Yisra’el, Verlosser.’”

16. Hulle sal beskaamd gemaak word en selfs verneder word, almal van hulle; die vervaardigers van afgode sal saam weggaan in vernedering.

17. Die verlossing van Yisra’el is in יהוה, die Verlosser van die wêreld; julle sal nie vir altyd gespot of verneder word nie,Deut 6:4

18. want so sê יהוה, wat die hemele geskep het; Hy is die God wat die aarde gevorm en dit gemaak het, Hy het dit vasgestel en dit nie as ’n verwoeste plek geskep nie, maar dit gevorm om bewoon te word: “Ek is יהוה en daar is geen ander nie.

19. Ek het nie in die geheim gepraat, in een of ander donker land nie; Ek het nie vir die nageslag van Ya’akov gesê: ‘Soek My in ’n verwoeste plek nie’; Ek, יהוה, praat onpartydige opregtheid en verklaar dinge wat reg is.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 45