Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 44:8-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Moenie bewe en moenie bang wees nie; het Ek dit nie lank tevore vir jou aangekondig en dit verklaar nie? Júlle is My getuies! Is daar enige God buiten My, of is daar enige ander Rots? Ek weet van geeneen nie.

9. Hulle wat gesnede beelde vorm, is almal nutteloos en hulle kosbare dinge is tot geen voordeel nie; selfs hulle eie getuies faal om te sien of weet sodat hulle beskaamd word.

10. Wie maak ’n god en giet ’n beeld tot geen voordeel nie?

11. Let op, al sy metgeselle sal beskaam word, want die ambagsmanne self is net mense! Laat hulle almal bymekaarkom, laat hulle opstaan, laat hulle bewe, laat hulle saam beskaam word!

12. Die skrynwerker maak ’n stuk yster gereedskap skerp en vorm die beeld met ’n skaaf en rond dit af met ’n beitel en werk dit met sy sterk arm. Hy word ook honger en sy krag faal; hy drink geen water nie en word moeg.

13. Die skrynwerker kies ’n stukkie hout en trek ’n maatlyn. Hy bewerk hom met skawe en trek hom met ’n passer en maak hom in die vorm van ’n man, na die skoonheid van ’n man, om in ’n huis te sit.

14. Hy kap seders vir homself en vat ’n sipres of ’n eikeboom en laat dit vir hom opgroei tussen die bome van die woud. Hy plant ’n denneboom en die reën laat dit groei.

15. Dan word dit vir die mens iets om te brand en hy vat een daarvan en maak hom warm; hy maak ook ’n vuur om brood te bak. Hy maak ook ’n god en aanbid dit; hy maak ’n gesnede beeld daarvan en val voor dit neer.

16. Die helfte daarvan brand hy in die vuur en op sy kole braai hy vleis, eet en word versadig. Hy maak homself ook warm en sê: ‘A, ek is warm, ek het die vuur gesien!’

17. Die res daarvan, maak hy egter in ’n god, sy gesnede beeld; hy val voor dit neer en aanbid dit; hy bid ook tot dit en sê: ‘Bevry my, want u is my god!’

18. Hulle weet nie en verstaan nie, want Hy het hulle oë toegesmeer sodat hulle nie kan sien nie en hulle harte sodat hulle nie kan begryp nie.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 44