Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 42:17-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Hulle wat in afgode vertrou, wat aan gegote beelde sê: ‘Julle is ons gode,’ sal teruggedraai word en diep beskaamd word.

18. Hoor, julle dowes en kyk, julle blindes sodat julle kan sien.

19. Wie is blind buiten My dienskneg of so doof soos My boodskapper wat Ek stuur? Wie is so blind soos hy wat in vrede met My is, of so blind soos die dienskneg van יהוה?

20. Jy het baie dinge gesien, maar jy neem hulle nie waar nie; jou ore is oop, maar niemand hoor nie.”Ps 19:8,9; Rom 7:12; 1 Tim 1:8

21. Dit het יהוה behaag ter wille van Sy onpartydige opregtheid om die wet groot, eerbaar en lofwaardig te maak.

22. Hierdie is egter ’n beroofde en geplunderde volk; hulle is almal vasgevang in grotte, weggesteek in tronke; hulle het ’n prooi geword met niemand om hulle te bevry nie, ’n plundering met niemand wat sê: ‘Gee terug!’ nie.

23. Wié, tussen julle, luister na hierdie dinge? Wie sal toegee en luister na vandag?

24. Wie het Ya’akov oorgegee as plunder en Yisra’el aan plunderaars? Was dit nie יהוה teen Wie ons gesondig het nie en in Wie se paaie ons nie gewillig was om te loop nie en Wie se wet ons nie gehoorsaam het nie?

25. Hy het daarom die hitte van Sy woede en die geweld van die geveg op hulle uitgestort en dit het hul rondom aan die brand gesteek, tog het hul dit nie besef nie en dit het hulle gebrand, maar hul het dit nie ernstig opgeneem nie,

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 42