Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 36:14-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. So sê die koning: ‘Moenie dat Hizkiyahu julle bedrieg nie, want hy sal julle nie kan red nie;

15. moet ook nie dat Hizkiyahu julle op יהוה laat vertrou deur te sê: “יהוה sal ons sekerlik bevry nie; hierdie stad sal nie in die hand van die koning van Ashur oorgegee word nie.’”

16. Luister nie na Hizkiyahu nie, want so sê die koning van Ashur: ‘Maak vrede met my en kom uit na my toe en eet elkeen van sy wingerdstok en elkeen van sy vyeboom en drink elkeen die water van sy eie put

17. totdat ek kom en julle wegvat na ’n land soos julle eie land, ’n land van graan en nuwe wyn, ’n land van brood en wingerde.

18. Moenie dat Hizkiyahu julle mislei deur te sê: “יהוה sal ons bevry,” nie. Het enige van die gode van die nasies hulle land bevry uit die hand van die koning van Ashur?

19. Waar is die gode van Hamat en Arpad? Waar is die gode van S’farvayim? Wanneer het hulle Shomron uit my hand bevry?

20. Wie is daar onder al die gode van hierdie lande wat hulle land bevry het uit my hand dat יהוה Yerushalayim uit my hand sou bevry?’”

21. Hulle het egter stilgebly en hom niks geantwoord nie, want die koning se opdrag was: “Moet hom nie antwoord nie.”

22. Toe het Elyakim, die seun van Hilkiyahu, wat oor die huishouding was, Shevnah, die skrywer en Yo’ag, die seun van Asaf, die graffier, met geskeurde klere by Hizkiyahu gekom en hom die woorde van Rav-Shakeh vertel.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 36