Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 11:9-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Hulle sal nie seermaak of vernietig op My volkome afgesonderde berg nie, want die aarde sal vol wees van die kennis van יהוה soos die waters die see bedek.Mat 2:23; Hand 3:21

10. Dan, in daardie dag, sal die nasies hulle toevlug neem na die Wortel van Yishai, wat sal staan as ’n Banier vir die volke en Sy rusplek sal wonderlik wees.

11. Dan sal dit gebeur op daardie dag dat יהוה weer vir die tweede keer met Sy hand, dié wat oorbly van Sy volk, vanuit Ashur, Mitzrayim, Patros, Kush, `Eilam, Shin’ar, Hamat en die eilande van die see, sal terugwen.

12. Hy sal ’n banier oplig vir die nasies, die uitgebandes van Yisra’el laat vergader en die verstrooides van Y’hudah bymekaarmaak uit die vier hoeke van die aarde.

13. Dan sal die jaloesie van Efrayim verdwyn en die wat Y’hudah lastig val sal afgesny word; Efrayim sal nie jaloers wees op Y’hudah nie en Y’hudah sal Efrayim nie lastig val nie.Deut 2:5,9 besit en die seuns van `AmmonDeut 2:19 sal aan hulle onderdanig wees.

14. Hulle sal afsweef op die hange van die F’lishtyne aan die weste; saam sal hulle die seuns van die Ooste plunder; hulle sal Edom en Mo’av

15. יהוה sal die seetong van Mitzrayim heeltemal vernietig en Hy sal Sy hand oor die Rivier swaai met Sy skroeiende wind en dit uitmekaar slaan tot sewe strome en mense droog laat oorloop.

16. Daar sal ’n hoofpad wees vir die oorblywendes van Sy volk wat oorbly uit Ashur, net soos daar was vir Yisra’el op die dag toe hulle uit Mitzrayim uit opgekom het.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 11