Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 9:3-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Toe het die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van die God van Yisra’el opgestyg vanaf die gérub waarop dit was, na die drumpel van die tempel toe en Hy het na die man geroep wat in linne aangetrek was, wat die skrywer se inkhouer aan sy heupe gehad het.Yir 32:29; Open 7:3

4. יהוה sê vir hom: “Gaan deur die middel van die stad, deur die middel van Yerushalayim en maak ’n teken op die voorkoppe van die manne wat sug en steun oor al die verwerplikhede wat in sy midde gedoen word.”

5. Aan die ander sê Hy egter voor my ore: “Gaan agter hom aan deur die stad en slaan dood; moenie dat julle oog jammerte hê nie en moenie spaar nie.

6. Slaan volkome dood; ou manne, jong manne, jong meisies, klein kindertjies en vroue, maar moet aan niemand raak op wie die teken is nie en julle moet begin by My Afgesonderde Plek.” Hulle het begin by die oudstes wat voor die tempel was.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 9