Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 9:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Hy met ’n harde stem voor my ore uitgeroep en gesê: “Kom nader, laksmanne van die stad, elkeen met sy verwoestende wapen in sy hand.”

2. Let op, ses manne kom uit die rigting van die Boonste Poort wat na die noorde toe kyk, elkeen met sy verwoestende wapen in sy hand en tussen hulle was ’n sekere man wat in linne aangetrek was, met ’n skrywer se inkhouer aan sy heupe en hulle het ingegaan en langs die koper altaar gaan staan.

3. Toe het die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van die God van Yisra’el opgestyg vanaf die gérub waarop dit was, na die drumpel van die tempel toe en Hy het na die man geroep wat in linne aangetrek was, wat die skrywer se inkhouer aan sy heupe gehad het.Yir 32:29; Open 7:3

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 9