Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 7:12-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Die tyd het gekom, die dag het arriveer. Laat die koper nie bly wees nie en die verkoper nie treur nie, want toorn is teen al hulle menigte.

13. Inderdaad, die verkoper sal nie terugkry wat hy verkoop het nie, want beide sal nie leef nie, want die visioen aangaande hulle hele menigte sal nie afgewend word nie en ook sal niemand sy lewe in stand hou deur sy oortredinge nie.

14. Hulle het die trompet geblaas en maak alles gereed, maar niemand gaan na die geveg toe nie, want My toorn is teen hulle hele menigte.

15. Die swaard is buite en die plaag en die hongersnood is binne. Hy wat in die veld is, sal deur die swaard sterf; hongersnood en die plaag sal ook dié verteer wat in die stad is.

16. Selfs as die oorlewendes ontvlug, sal hulle soos duiwe van die valleie op die berge wees wat almal treur, elkeen oor sy eie oortredinge.

17. Alle hande sal slap hang en alle knieë sal soos water word.

18. Hulle sal hulle omvou met rouklere en hulle sal oorkom word met angssiddering en skaamte sal op alle gesigte wees en ’n kaalte op al hulle koppe.

19. Hulle sal hulle silwer op die strate gooi en hulle goud sal ’n verfoeilike ding word; hulle silwer en hulle goud sal hulle nie kan bevry in die dag van die toorn van יהוה nie. Hulle kan nie hul aptyt versadig of hul maag daarmee volmaak nie, want hulle oortredinge het deur struikeling gekom.

20. Hulle het die prag van Sy ornamente in trots verander en hulle het die beelde van hul verwerplikhede, hul verfoeilike dinge daarmee gemaak; daarom sal Ek dit ’n verfoeilike ding vir hulle maak.

21. Ek sal dit in die hand van buitelanders gee as plunder en aan die bose oortreders van die aarde as buit en hulle sal dit onteer.

22. Ek sal ook My gesig van hulle af wegdraai en hulle sal My geheime plek onteer; dan sal rowers ingaan en dit onteer.

23. Hulle sal dit met stene aanval, want die land is vol bloederige misdaad en die stad is vol geweld;

24. daarom sal Ek die slegste van die nasies bring en hulle sal hul huise besit. Ek sal ook die trots van die sterkes laat ophou en hulle afgesonderde plekke sal onteer word.

25. Wanneer angs kom, sal hulle vrede soek, maar daar sal niks wees nie.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 7