Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 6:9-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Dan sal dié wat uit julle ontvlug het, My onthou tussen die nasies waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, hoe Ek deur hulle hoererende verstand, wil en emosie, wat van My af weggedraai het en deur hulle oë wat agter hulle afgode aan hoereer het, seergemaak is en hulle sal hulself verag in hul eie oë weens die booshede wat hulle gedoen het, vir al hulle verwerplikhede.

10. Dan sal hulle weet dat Ek יהוה is; Ek het nie tevergeefs gesê dat Ek hierdie ramp oor hulle sal bring nie.’”

11. So sê יהוה-God: ‘Klap jou hand en stamp jou voet en sê: “Wee, as gevolg van al die bose verwerplikhede van die huis van Yisra’el, wat deur swaard, hongersnood en plaag gaan val!

12. Hy wat ver is, sal deur die plaag sterf, hy wat naby is, sal deur die swaard val en hy wat oorbly en beleër is, sal deur die hongersnood sterf. So sal Ek My toorn teen hulle laat uitwoed.

13. Dan sal julle weet dat Ek יהוה is, wanneer die wat uit hulle neergeslaan is, tussen hulle afgode rondom hulle altare op elke hoë heuwel lê, op al die bergtoppe en onder elke groen boom en onder elke digte eikeboom; die plekke waar hulle kalmerende aromas aan hulle afgode geoffer het.

14. So sal Ek deur al hulle blyplekke My hand teen hulle uitstrek en die land meer verlate en ’n puinhoop maak as die wildernis naby Divlah; so sal hulle weet dat Ek יהוה is.”’”

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 6