Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 6:8-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Ek sal egter ’n oorblyfsel los, want julle sal hulle hê wat die swaard ontvlug tussen die nasies, wanneer julle verstrooi is tussen die lande.

9. Dan sal dié wat uit julle ontvlug het, My onthou tussen die nasies waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, hoe Ek deur hulle hoererende verstand, wil en emosie, wat van My af weggedraai het en deur hulle oë wat agter hulle afgode aan hoereer het, seergemaak is en hulle sal hulself verag in hul eie oë weens die booshede wat hulle gedoen het, vir al hulle verwerplikhede.

10. Dan sal hulle weet dat Ek יהוה is; Ek het nie tevergeefs gesê dat Ek hierdie ramp oor hulle sal bring nie.’”

11. So sê יהוה-God: ‘Klap jou hand en stamp jou voet en sê: “Wee, as gevolg van al die bose verwerplikhede van die huis van Yisra’el, wat deur swaard, hongersnood en plaag gaan val!

12. Hy wat ver is, sal deur die plaag sterf, hy wat naby is, sal deur die swaard val en hy wat oorbly en beleër is, sal deur die hongersnood sterf. So sal Ek My toorn teen hulle laat uitwoed.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 6