Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 5:5-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. So sê יהוה-God: ‘Hierdie is Yerushalayim; Ek het haar in die middel van die nasies geplaas, met lande rondom haar,

6. maar sy het My oordele verruil vir die booshede van die nasies en My opdragte vir die instellings van die stede wat haar omring, want hulle het My instellings verwerp en nie in My opdragte gelewe nie.’

7. יהוה-God sê daarom: ‘Omdat julle die instellings van die nasies wat rondom julle is erken het en nie in My instellings gelewe het of My oordele gehoorsaam het nie, maar gedoen het volgens die oordele van die nasies rondom julle;’

8. daarom, so sê יהוה-God: ‘let op, Ek, selfs ook Ek, is teen jou en Ek sal oordeel oor jou vel ten aanskoue van die nasies

9. en as gevolg van al jou verwerplikhede sal Ek onder jou doen wat Ek nog nooit gedoen het nie en wat Ek nooit weer só sal doen nie.

10. Vaders sal daarom hulle seuns opeet in jou midde en die seuns sal hulle vaders eet, want Ek sal oordeel vel oor jou en almal wat van jou oorbly na al die windstreke verstrooi.

11. So waar as Ek leef,’ verklaar יהוה-God, ‘sekerlik, aangesien jy My Afgesonderde Plek onteer het met al jou veragtelike afgode en met al jou verwerplikhede sal Ék My ook onttrek en My oog sal nie jammerte hê nie en Ék sal nie spaar nie.

12. ’n Derde deel van jou sal deur die plaag sterf of deur hongersnood tussen jou verteer word; een derde sal deur die swaard rondom jou val en een derde sal Ek na al die windstreke verstrooi en Ek sal ’n swaard agter hulle uittrek.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 5