Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 47:12-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. By die rivier, op sy walle, aan die een kant en aan die ander, sal allerhande bome groei vir kos. Hulle blare sal nie verdor en die vrugte nie opraak nie. Hulle sal elke maand dra, want hulle water vloei vanaf die Afgesonderde Plek en hulle vrugte sal wees om te eet en hulle blare vir genesing.”

13. So sê יהוה-God: “Hierdie sal die grense wees waardeur julle die land sal verdeel as erfenis tussen die twaalf stamme van Yisra’el; Yosef moet twee porsies kry.

14. Julle moet dit verdeel as ’n erfenis, elkeen gelyk met die ander, want Ek het gesweer om dit vir julle voorvaders te gee en hierdie land moet julle as erfenis toeval.

15. Hierdie moet die grens van die land wees: aan die noordekant vanaf die Groot See, met die pad na Hetlon, tot by die ingang van Tz’dad;

16. Hamat, Berotah, Sibrayim, wat tussen die grens van Dammesek en die grens van Hamat lê, Hatzar-Hatokhon, wat by die grens van Havran is.

17. Die grens moet vanaf die see wees tot by Hatzar-`Einon, by die grens van Dammesek en aan die noorde noordwaarts is Hamat die grens; dit is die noordekant.

18. Aan die oostekant: vanaf tussen Havran, Dammesek, Gil’ad en die land van Yisra’el sal die Yarden wees; vanaf die noordelike grens tot by die oostelike see moet julle dit meet. Dit is die oostekant.

19. Die suidekant na die suide toe sal strek vanaf Tamar tot by die waters van M’rivot-Kadesh, na die spruit van Mitzrayim tot by die Groot see. Hierdie is die suidekant na die suide toe.

20. Die westekant sal die die Groot see wees, vanaf die suidelike grens tot by ’n punt oorkant die ingang van Hamat. Dit is die westekant.

21. Julle moet hierdie land tussen julle verdeel volgens die stamme van Yisra’el.

22. Julle moet dit deur die lot verdeel as ’n erfenis tussen julleself en die vreemdelinge wat in julle midde bly, wat seuns voortbring tussen julle en hulle sal vir julle wees soos ’n kind van die land tussen die seuns van Yisra’el; hulle moet ’n erfenis toegestaan word saam met jou onder die stamme van Yisra’el.

23. In die stam waarin die vreemdeling bly, daar moet julle hom sy erfenis gee,” verklaar יהוה-God.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 47