Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 44:23-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Meer nog, hulle moet vir My volk die onderskeid leer tussen wat afgesonderd is en wat onrein is en hulle laat onderskei tussen wat onrein en wat afgesonderd is.

24. In ’n twis moet hulle opstaan om te oordeel, volgens My voorskrifte moet hulle dit oordeel. Hulle moet ook My wette en My instellings hou op al My aangestelde feeste en My Shabbatte afsonder.

25. Hulle mag nie na ’n dooie persoon gaan sodat hul onrein word nie; net vir ’n vader of ’n moeder of ’n seun of ’n dogter, of ’n broer of ’n suster wat nie ’n man gehad het nie, mag hulle hul onrein maak.

26. Ná sy reiniging moet sewe dae vir hom verbygaan.

27. Op die dag as hy in die Afgesonderde Plek ingaan, in die binneste hof, om in die Afgesonderde Plek te bedien, moet hy sy sondoffer offer,” verklaar יהוה-God.

28. “Dit sal vir hulle ’n erfenis wees: Ek is hulle Erfenis en julle mag geen besitting in Yisra’el aan hulle gee nie: Ek is hulle Besitting.

29. Hulle moet die graanoffer, die sondoffer en die oortredingsoffer eet en elke toegewyde ding in Yisra’el moet hulle s’n wees.

30. Die eerste van al die eerste vrugte van alles en elke bydrae van alles, van al julle bydraes, moet vir die priesters wees; julle moet ook vir die priester die eerste van julle deeg gee, om ’n seën op jou huis te laat rus.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 44