Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 44:15-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. maar die Levitiese priesters, die seuns van Tzadok, wat My Afgesonderde Plek versorg het toe die seuns van Yisra’el van My af weggedwaal het, moet na My toe naderkom om My te bedien en hulle sal voor My staan om aan My die vet en die bloed te offer,” verklaar יהוה-God.

16. “Hulle moet My Afgesonderde Plek ingaan; hulle moet naby My tafel kom om My te bedien en My dienswerk doen.

17. Dit sal wees dat wanneer hulle by die poorte van die binneste hof ingaan, hulle in linne klere aangetrek moet wees en wol mag nie op hulle kom terwyl hulle bedien in die poorte van die binneste hof en in die huis nie.

18. Linne tulbande moet op hulle kop wees en linne onderklere aan hulle heupe; hulle mag nie aangetrek wees met iets wat hulle laat sweet nie.

19. Wanneer hulle uitgaan na die buitenste hof, na die volk toe, moet hulle hul klere uittrek waarmee hulle bedien het en dit neersit in die afgesonderde kamers; dan moet hulle ander klere aantrek sodat hulle nie afgesonderdheid na die volk sal oordra met hulle klere nie.1 Kor 11:14 hulle moet die hare van hulle kop net korter sny.

20. Hulle mag ook nie hulle koppe kaal skeer nie, nogtans moet hulle nie hulle hare lank laat groei nie;Lev 10:9; Yes 28:7 wanneer hy in die binneste hof ingaan nie

21. Ook mag geen priester wyn drink

22. en hulle mag nie ’n weduwee of geskeide vrou trou nie, maar jongmeisies uit die nageslag van die huis van Yisra’el of ’n weduwee wat ’n priester se weduwee is.

23. Meer nog, hulle moet vir My volk die onderskeid leer tussen wat afgesonderd is en wat onrein is en hulle laat onderskei tussen wat onrein en wat afgesonderd is.

24. In ’n twis moet hulle opstaan om te oordeel, volgens My voorskrifte moet hulle dit oordeel. Hulle moet ook My wette en My instellings hou op al My aangestelde feeste en My Shabbatte afsonder.

25. Hulle mag nie na ’n dooie persoon gaan sodat hul onrein word nie; net vir ’n vader of ’n moeder of ’n seun of ’n dogter, of ’n broer of ’n suster wat nie ’n man gehad het nie, mag hulle hul onrein maak.

26. Ná sy reiniging moet sewe dae vir hom verbygaan.

27. Op die dag as hy in die Afgesonderde Plek ingaan, in die binneste hof, om in die Afgesonderde Plek te bedien, moet hy sy sondoffer offer,” verklaar יהוה-God.

28. “Dit sal vir hulle ’n erfenis wees: Ek is hulle Erfenis en julle mag geen besitting in Yisra’el aan hulle gee nie: Ek is hulle Besitting.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 44