Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 44:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het hy my teruggebring via die buitenste poort van die Afgesonderde Plek wat na die ooste kyk en dit was gesluit.Yeg 43:4

2. יהוה het vir my gesê: “Hierdie poort moet toegesluit bly, dit mag nie oopgemaak word nie en niemand mag daardeur ingaan nie omdat יהוה, die God van Yisra’el, daardeur ingegaan het; daarom moet dit gesluit bly.

3. Wat die prins betref, hy moet as prins daarin sit om brood te eet voor יהוה; hy moet ingaan via die stoep van die poort en op dieselfde plek uitgaan.”

4. Toe het hy my via die Noordpoort gebring na die voorkant van die huis en ek het gekyk en let op, die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה het die huis van יהוה vol gemaak en ek het op my gesig neergeval.

5. יהוה het vir my gesê: “Seun van ’n mens, let goed op, kyk met jou oë en hoor met jou ore alles wat Ek vir jou sal sê aangaande al die regulasies van die huis van יהוה en aangaande al sy wette en gee goed ag op die ingang van die huis, met al die uitgange van die Afgesonderde Plek.

6. Jy moet vir die rebelses sê, vir die huis van Yisa’el: ‘So sê יהוה-God: “Het jy nie genoeg verwerplikhede gepleeg nie, o huis van Yisra’el?

7. Julle bring egter ook vreemdelinge, wat onbesnedenes van verstand, wil en emosie en onbesnedenes van vlees is, in My Afgesonderde Plek in om My huis te onteer wanneer julle My kos, die vet en die bloed offer en julle My verbond tot niks maak deur al julle verwerplikhede.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 44