Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 39:10-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Hulle sal nie hout uit die veld vat of vuurmaakhout in die woude bymekaarmaak nie, want hulle sal vuurmaak met die wapens en hulle sal die buit vat van dié wat hulle buit gevat het en die plunder vat van dié wat hulle geplunder het,” verklaar יהוה-God.

11. Op daardie dag sal Ek vir Gog ’n begraafplaas daar in Yisra’el gee, die vallei van dié wat aan die oostekant van die see verbytrek en dit sal die wat deurtrek blokkeer. Daar sal hulle vir Gog begrawe en sy hele menigte en hulle sal dit noem: die vallei van Hamon-Gog.

12. Die huis van Yisra’el sal sewe maande lank besig wees om hulle te begrawe om die land te reinig.

13. Al die mense van die land sal hulle begrawe en dit sal tot hulle roem wees, die dag as Ek Myself loof en vereer,” verklaar יהוה-God.

14. Selfs sewe maande daarna sal daar manne wees wat voortdurend deur die land gaan en die wat bo-op die grond oorgebly het begrawe, om dit te reinig.

15. Elkeen wat deur die land trek, enige een wat ’n mensebeen sien, sal ’n merkteken daarby opsit totdat die begrawers dit begrawe het in die vallei van Hamon-Gog.

16. Selfs die naam van die stad sal Hamonah wees. So sal hulle die land reinig.”’Yir 7:33

17. Jy, seun van ’n mens, so sê יהוה-God: ‘Praat met elke soort voël en met elke soort wilde dier van die veld: “Vergader en kom, versamel vanaf elke kant by My offer wat Ek vir julle gaan offer, as ’n groot offer op die berge van Yisra’el dat julle vlees mag eet en bloed drink!

18. Julle sal die vlees van die magtige manne eet en die bloed van die prinse van die aarde drink, asof ramme, lammers, bokke, bulle, almal vetgemaakte diere van Bashan.Lev 3:17

19. Julle sal vet eet totdat julle oorversadig is en bloed drink totdat julle dronk is, van My offer wat Ek vir julle geoffer het.

20. Julle sal aan My tafel ooreet wees aan perde en hulle ruiters, aan magtige manne en alle soorte krygsmanne,” verklaar יהוה-God.

21. Ek sal My Gemanifesteerde Teenwoordigheid tussen die nasies bring en al die nasies sal My oordeel sien wat Ek uitgevoer het en My hand wat Ek op hulle gelê het.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 39