Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 33:16-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Nie een van sy sondes wat hy gedoen het, sal teen hom onthou word nie. Hy het regverdigheid, onpartydige opregtheid gedoen; hy sal sekerlik lewe.

17. Nogtans sê jou mede-burgers: ‘Die pad van יהוה is nie reg nie,’ wanneer dit hulle eie pad is wat nie reg is nie.

18. As die regverdige wegdraai van sy onpartydige opregtheid en onregverdigheid doen, dan sal hy daarin sterf.

19. As die bose egter wegdraai van sy boosheid en regverdigheid, onpartydige opregtheid doen, dan sal hy deur hulle lewe.

20. Nogtans sê julle: ‘Die pad van יהוה is nie reg nie.’ O huis van Yisra’el, Ek sal elkeen van julle oordeel volgens sy lewenswyse!”

21. In die twaalfde jaar van ons ballingskap, in die tiende maand op die vyfde van die maand, het die vlugtelinge uit Yerushalayim na my toe gekom en gesê: “Die stad is ingeneem!”Yeg 3:26,27

22. Die hand van יהוה was op my in die aand, voordat die vlugtelinge gekom het en Hy het my mond oopgemaak op die tyd dat hulle in die oggend na my toe gekom het. My mond is dus oopgemaak en ek was nie meer stom nie.

23. Toe het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 33