Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 28:16-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Deur die oorvloed van jou koophandel het jy jou binneste met oortredinge gevul en jy het gesondig; daarom sal Ek jou van die berg van God afgooi en Ek sal jou van tussen die klippe van vuur vernietig, o gérub wat bedek!

17. Jou verstand, wil en emosie was hoogmoedig as gevolg van jou skoonheid; jy het jou wysheid korrup gemaak deur jou glans. Ek het jou op die grond neergegooi, Ek het jou voor die konings gesit sodat hulle jou kan sien.

18. Deur die menigte van jou oortredinge, deur die partydige onopregtheid van jou koophandel het jy jou afgesonderde plekke onteer; daarom het Ek ’n vuur uit jou binneste laat uitkom; dit het jou verteer en Ek het jou op die aarde tot as gemaak voor die oë van almal wat jou gesien het.

19. Almal wat jou ken onder die volke is ontsteld oor jou; jy het verskrik geword en jy sal ophou om te wees vir ewig.”’”

20. Die woord van יהוה het tot my gekom en gesê:

21. “Seun van ’n mens, draai jou gesig na Tzidon en profeteer teen haar

22. en sê: ‘So sê יהוה-God: “Let op, Ek is teen jou, o Tzidon en Ek sal geloof en geëer word in jou midde. Dan sal hulle weet dat Ek יהוה is wanneer Ek oordele oor haar uitvoer en Ek sal My afgesonderdheid in haar duidelik maak,

23. want Ek sal die pes na haar toe stuur en bloed na haar strate en die gewondes sal in haar midde val deur die swaard teen haar aan elke kant; dan sal hulle weet dat Ek יהוה is.

24. Daar sal nie meer vir die huis van Yisra’el ’n steekdoring of pynlike doring wees van enige wat rondom hulle is, wat hulle verag het nie; dan sal hulle weet dat Ek יהוה-God is.”

25. So sê יהוה-God: “Wanneer Ek die huis van Yisra’el versamel vanuit die volke onder wie hulle verstrooi is en Ek My afgesonderdheid in hulle duidelik sal maak voor die oë van die nasies, dan sal hulle in hul land bly wat Ek vir My dienskneg Ya’akov gegee het.

26. Hulle sal veilig daarin bly en hulle sal huise bou, wingerde plant en veilig woon wanneer Ek oordele uitvoer op almal wat hulle van alle kante af verag. Dan sal hulle weet dat Ek יהוה, hulle God, is.”’”

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 28