Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 26:8-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Hy sal jou dogters op die vasteland met die swaard doodmaak, beleëringsmure teen jou opstel, ’n wal teen jou gooi en ’n groot skild teen jou oprig.

9. Hy sal die slag van sy stormram teen jou mure draai en jou torings met sy byle afbreek.

10. As gevolg van die menigte van sy perde sal hulle stofwolk jou toedek; jou mure sal bewe deur die geraas van perderuiters, wiele en strydwaens as hy deur jou poorte ingaan, soos ’n mens ’n stad binnegaan wat oopgebreek is.

11. Hy sal met die hoewe van sy perde al jou strate vertrap; jou mense sal hy met die swaard doodmaak en jou sterk klippilare sal op die grond val.

12. Hulle sal ook ’n buit maak van jou rykdom en jou koopware roof, jou mure afbreek en jou aangename huise vernietig en hulle sal jou klippe, jou houte en jou puin in die water gooi.

13. So sal Ek die klank van jou liedere laat ophou en die klank van jou harpe sal nie meer gehoor word nie.

14. Ek sal jou ’n kaal rots maak, ’n plek om nette op oop te gooi. Jy sal nie weer gebou word nie, want Ek, יהוה, het gepraat,” verklaar יהוה-God.

15. So sê יהוה-God vir Tzor: “Sal die kuslande nie bewe van die geluid van jou val, wanneer die gewondes kerm, wanneer die slagting in jou midde gebeur nie?

16. Dan sal al die prinse van die see van hulle trone afklim, hulle mantels afhaal en hulle geborduurde klere uittrek. Hulle sal hulself met bewing aantrek; hulle sal op die grond sit, elke oomblik bewe en ontsteld wees oor jou.

17. Hulle sal ’n klaaglied oor jou aanhef en vir jou sê: ‘Hoe het jy vergaan, o bewoonde een, vanaf die seë, o hoog geroemde stad, wat magtig was op die see, sy en haar inwoners, wat haar verskrikking op al haar inwoners afgedwing het.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 26