Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 26:16-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Dan sal al die prinse van die see van hulle trone afklim, hulle mantels afhaal en hulle geborduurde klere uittrek. Hulle sal hulself met bewing aantrek; hulle sal op die grond sit, elke oomblik bewe en ontsteld wees oor jou.

17. Hulle sal ’n klaaglied oor jou aanhef en vir jou sê: ‘Hoe het jy vergaan, o bewoonde een, vanaf die seë, o hoog geroemde stad, wat magtig was op die see, sy en haar inwoners, wat haar verskrikking op al haar inwoners afgedwing het.

18. Nou sal die kuslande bewe op die dag van jou val; ja, die kuslande wat by die see is, sal vreesbevange wees as jy verbygaan,’”

19. want so sê יהוה-God: “wanneer Ek jou ’n verlate stad maak, soos die stede wat nie bewoon word nie; wanneer Ek die ondergrondse water oor jou laat opkom en die groot waters jou bedek,

20. dan sal Ek jou afbring saam met dié wat afgaan in die put, na die mense van ouds en Ek sal jou laat bly in die onderste dele van die aarde, soos die antieke puinhope, saam met die wat in die put afgaan sodat jy nie bewoon sal word nie, maar Ek sal lof, eer en aanbidding gee in die land van die lewendes.

21. Ek sal verskrikkings oor jou bring en jy sal nie meer wees nie; alhoewel jy gesoek sal word, sal jy nooit weer gevind word nie,” verklaar יהוה-God.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 26