Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 20:14-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Ek het egter opgetree ter wille van My Naam sodat dit nie onteer sou word voor die oë van die nasies voor wie se oë Ek hulle uitgebring het nie.

15. Ek het in die wildernis ook tot hulle gesweer dat Ek hulle nie sou bring in die land wat Ek vir hulle gegee het, wat vloei met melk en heuning, wat die lof en eer van al die lande is, nie

16. omdat hulle My wette verwerp het en nie in My instellings geloop het nie; hulle het selfs My Shabbatte onteer, want hulle verstand, wil en emosie het aanhoudend agter hul afgode aangeloop.

17. Nogtans het My oog hulle gespaar eerder as om hulle te vernietig en Ek het nie hulle uitwissing in die wildernis veroorsaak nie.

18. Ek het vir hulle seuns in die wildernis gesê: ‘Moenie in die instellings van julle vaders loop of hulle voorskrifte hou nie of julleself met hulle afgode onteer nie.

19. Ek is יהוה, julle God; loop in My instellings en hou My voorskrifte en doen hulle.

20. Sonder My Shabbatte af en hulle sal ’n teken wees tussen My en julle dat julle kan weet dat Ek יהוה, julle God, is.’

21. Die seuns het egter teen My rebelleer: hulle het nie in My instellings geloop en was nie versigtig om My voorskrifte na te kom nie, waardeur, as ’n mens hulle hou, hy sal lewe. Hulle het My Shabbatte onteer, dus het Ek vas besluit om My toorn teen hulle uit te stort, om My toorn in die wildernis teen hulle te laat uitwoed,

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 20