Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 16:37-42 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

37. let daarom op, Ek sal al jou minnaars versamel waarmee jy plesier gehad het, almal wat jy liefgehad het en almal wat jy gehaat het. So sal Ek hulle van alle kante af teen jou bymekaarmaak en jou naaktheid aan hulle ontbloot sodat hulle jou volle naaktheid kan sien.

38. So sal Ek jou oordeel soos vroue wat owerspel pleeg en bloed vergiet geoordeel word en Ek sal die bloed van toorn en jaloesie op jou afbring.

39. Ek sal jou ook oorgee in die hand van jou minnaars en hulle sal jou afgesonderde plekke afbreek, jou hoë plekke verwoes, jou stroop van jou klere, jou juwele wegvat en jou naak en kaal los.

40. Hulle sal ’n skare mense teen jou aanhits, jou stenig en jou met hulle swaarde in stukke kap.

41. Hulle sal jou huise met vuur verbrand en oordele teen jou uitoefen voor die oë van baie vroue; dan sal Ek ’n einde aan jou hoerery maak en jy sal ook nie langer jou minnaars betaal nie.

42. So sal Ek My toorn teen jou kalmeer, My jaloesie sal van jou af weggaan en Ek sal kalm word en nie meer kwaad wees nie.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 16