Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 16:28-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

28. Meer nog, jy het gehoereer met die seuns van Ashur omdat jy nie bevredig was nie; jy het met hulle gehoereer en was steeds nie bevredig nie.

29. Jy het ook jou hoerery vermenigvuldig in die land van handelaars, die Kasdeërs, tog was jy ook daardeur nie bevredig nie.”

30. “Hoe smagtend is jou verstand, wil en emosie,” verklaar יהוה-God, “terwyl jy al hierdie dinge doen, die aksies van ’n hoer en rebelse vrou,

31. deurdat jy jou aanbiddingsplek aan die begin van elke pad bou en jou altare in elke straat opstel en tog was jy nie so slim soos ’n hoer wat ’n prys vra nie.

32. Jou owerspelige vrou, wat vreemdelinge vat in plaas van haar man!

33. Manne gee geskenke aan alle hoere, maar jy gee jou geskenke aan al jou minnaars om hulle om te koop om van alle kante af na jou toe te kom vir jou hoerery.

34. So is jy anders as daardie vrouens in jou hoererye, deurdat niemand hoereer soos jy nie omdat jy geld gee en geen geld word vir jou gegee nie; daarin is jy anders.”

35. O, hoer, hoor en doen daarom die woord van יהוה.

36. So sê יהוה-God: “Omdat jou onkuisheid uitgestort is en jou naaktheid ontbloot is deur jou hoererye met jou minnaars en met al jou verwerplike afgode en as gevolg van die bloed van jou seuns wat jy vir afgode gegee het,

37. let daarom op, Ek sal al jou minnaars versamel waarmee jy plesier gehad het, almal wat jy liefgehad het en almal wat jy gehaat het. So sal Ek hulle van alle kante af teen jou bymekaarmaak en jou naaktheid aan hulle ontbloot sodat hulle jou volle naaktheid kan sien.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 16