Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 14:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het sommige van die oudstes van Yisra’el na my toe gekom en voor my gaan sit.

2. Die woord van יהוה het tot my gekom en gesê:

3. “Seun van ’n mens, hierdie manne het hulle afgode in hulle verstand, wil en emosie opgestel en het die struikelblok van hulle onregverdigheid reg voor hulle gesigte neergesit. Sal Ek enigsins deur hulle geraadpleeg word?2 Thes 2:11

4. Praat daarom met hulle en sê vir hulle: ‘So sê יהוה-God: “Enige man uit die huis van Yisra’el wat sy afgode in sy verstand, wil en emosie opstel, die struikelblok van sy onregverdigheid reg voor sy gesig neersit en dan na die profeet toe kom, sal Ek, יהוה, teen hom ’n Getuie wees, as gevolg van die menigte van sy afgode

5. sodat Ek die huis van Yisra’el, wat van My vervreemd is deur al hulle afgode, in hulle verstand, wil en emosie kan aangryp.”’

6. Sê daarom vir die huis van Yisra’el: ‘So sê יהוה-God: “Erken en draai weg van julle afgode af en draai julle gesigte weg van al julle verwerplikhede,

7. want enige een uit die huis van Yisra’el of uit die vreemdelinge wat in Yisra’el bly, wat homself van My af afsonder, sy afgode in sy verstand, wil en emosie opstel en die struikelblok tot sy onregverdigheid reg voor sy gesig neersit en dan na die profeet toe kom om My vir homself te raadpleeg, sal Ek, יהוה, teen hom ’n Getuie wees.

8. Ek sal My gesig draai teen daardie man en van hom ’n teken en ’n spreekwoord maak en Ek sal hom afsny uit die midde van My volk. So sal julle weet dat Ek יהוה is.

9. As die profeet egter oortuig word om ’n boodskap vir hom te bring, is dit Ek, יהוה, wat dié profeet oortuig het en Ek sal My hand teen hom uitstrek en hom vanuit die midde van My volk Yisra’el uit vernietig.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 14